top of page

Press: WoordTROFees 2018 Wenners

  • Writer: lootsbarbara
    lootsbarbara
  • Apr 19, 2018
  • 2 min read

2018 US Woordfees WoordTROfees is op 18 April by ’n spesiale toekenningsgeleentheid by Hog House op die Spier-landgoed oorhandig. Die wenners het elkeen ’n kunswerk en kontant ontvang. Dié prysuitdelingsgeleentheid is aangebied met die ondersteuning van die ATKV. 

Die wenners is: Toneel: Beste speler Rehane Abrahams (Womb of Fire) Toneel: Beste byspeler Kopano Maroga (Buite land) Toneel: Beste regisseur Sara Matchett (Womb of Fire) Toneel: Beste teaterstuk Womb of Fire Toneel: Beste Woordfeesdebuut Klippe wat val 

Beste opkomende kunstenaar(s) Carla Smith (NRNNSA) Kontemporêre musiek: Beste musiekgedrewe produksie Rooidag – NP van Wyk Louw getoonset en gesing Kontemporêre musiek: Beste solo-kunstenaar Elvis Blue (Saam) Kontemporêre musiek: Beste groep Gesnaarde gedigte Klassieke musiek: Vokaal Conroy Scott (Elijah) Klassieke musiek: Instrumentaal Signum Quartet Visuele kunste: Beste aanbieding Manyatsa Monyamane (Ongetiteld) Woordkuns Die kuns van verdwyn Beste tegniese prestasie Eeufeeskonsert (klankmeng: Johan Griesel) Die boekpryswenners vir die beste verkope in vier verskillende kategorieë is: Prosa: Elsa Joubert – Spertyd Politiek en aktueel: Thandeka Gqubule – No Longer Whispering to Power Leefstyl: Antoinette Pienaar – Die lang man sonder skaduwee Kinder- en jeugboeke: Philip de Vos – Vandag is ek ’n windlawaai Die volgende spesiale pryse is op die aand van die toekennings oorhandig: 

Die pendeldiens-span is aangewys as die Feeshelde wat vanjaar ’n besonderse bydrae tot die sukses van die US Woordfees gelewer het. Janine Neethling het die In Verbondenheid-prys ontvang. Hierdie prys word toegeken aan ’n rolspeler wat binne die omgewing van die US Woordfees, WOW en die US Koor nouer en beter samewerking bewerkstellig het sonder dat hy/sy monetêr daarvoor vergoed is. WOW Onderwyser van die Jaar Johan le Roux WOW Skool van die Jaar Worcester Sekondêr 

Vir meer inligting oor die WoordTROfees en die US Woordfees, wat van 2-11 Maart 2018 op Stellenbosch aangebied is, kontak asseblief vir Danie Marais by danie_marais@sun.ac.za .

 
 
 

Comments


© Loots Digital (Pty) Ltd 2019

bottom of page