Press: kykNET Fiëstas benoemings
- Suzaan Keyter
- Dec 3, 2017
- 3 min read
Die kykNET Fiëstas vereer jaarliks die werk wat die afgelope feesjaar opgelewer het en vanjaar het weer vir 'n ryk oes gesorg. kykNET streef daarna om talent te ontgin en aan te moedig deur geleenthede vir blootstelling en erkenning te skep. Die kykNET Fiëstas is hierdie platform wat elke jaar die grootste rolspelers byeen bring om die werk van die afgelope jaar te vier. Dié gala-geleentheid vind volgende jaar op Donderdag 8 Februarie by Montecasino Teatro in Johannesburg plaas en word oudergewoonte regstreeks op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai. Schalk Bezuidenhout sal die program as seremoniemeester lei en gaan deur Anna-Mart van der Merwe, Cintaine Schutte, Dean John Smith, Vashti Prins en Bennie Fourie as sy mede-aanbieders bygestaan word. Die spesiale uitsending sluit ook optredes in deur Francois van Coke, Lynelle Kenned, Hakkiesdraad Hartman en uittreksels uit benoemde werk. Vanjaar is die publiek ook welkom om die aand by te woon. Vir diegene wat graag skouers met die benoemdes, bekendes en wenners wil skuur, kan vanaf Maandag, 4 Desember, kaartjies by Computicket koop. ‘n Onafhanklike paneel besoek elke jaar die feeste waar nuwe Afrikaanse werk te sien is en beoordeel die teater-, kuns- en musiek-aanbod. Hierdie jaar het Aardklop Nasionale Kunstefees, Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Innibos, Suidoosterfees, US Woordfees en Vrystaat Kunstefees gesamentlik gesorg vir 197 nuutgeskepte produksies. NATi (die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief) het die afgelope jaar vier vlagskip-produksies vervaardig asook veertien produksies finansieël ondersteun wat by die onderskeie feeste te sien was. Die kreatiewe span wat vir die uitsending van die kykNET Fiëstas verantwoordelik sal wees, bestaan uit onder meer Amy Jephta (regisseur), Wolf F. Britz (assistent-regisseur en tegniese versorging), Rudi Botha (televisie-regisseur), Janine Neethling (musikale-regisseur) en Juanita Køtzé (inkleding en kostuums). Die uitsending word in opdrag van kykNET deur IdeaCandy vervaardig. Hiermee die volledige lys van benoemings: BESTE AKTEUR: Albert Pretorius – Wild De Klerk Oelofse – Nêrens, Noord-Kaap Paul du Toit – Melk & Vleis Wessel Pretorius – Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie BESTE AKTRISE: Anna-Mart van der Merwe – Liewer Antoinette Kellermann – Asem Illse Roos – Melk & Vleis Tinarie van Wyk Loots – Wild
BESTE MANLIKE BYSPELER: David Viviers – Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie Edwin van der Walt – Asem Kopano Maroga – BuiteLand Wilhelm van der Walt – Liewer BESTE VROULIKE BYSPELER: Crystal-Donna Roberts – Altaar Elize Cawood – BuiteLand Nicole Holm – Piekniek by Mpande (née Dingaan) Tarryn Wyngaard – Liewer
BESTE REGIE:
Jaco Bouwer – Liewer
Lara Bye – Die reuk van appels
Marthinus Basson – Melk & Vleis
Neil Coppen – BuiteLand
BESTE TEATERONTWERP:
Jaco Bouwer – Liewer: Stel
Marthinus Basson – Die koninkryk van die diere: Stel en kostuums
Neil Coppen en Vaughn Sadie – BuiteLand: Stel
Philip Rademeyer – Weerkaats: Stel en beligting
BESTE SPEL IN ’N SOLO-VERTONING:
Dawid Minnaar – Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran
De Klerk Oelofse – Strooijonker
Gideon Lombard – Die reuk van appels
Milan Murray – Weerkaats
BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE TEKS:
Marina Albertyn – Melk & Vleis
Tertius Kapp – Liewer
Wessel Pretorius – Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie
Nico Scheepers – Nêrens, Noord-Kaap
BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR: Des-Lee McKenzie – I(ras)ioneel Dewald van der Merwe – Rou (in DEURnis) Marina Albertyn – Teks vir Melk & Vleis Retief Scholtz – Teks vir Dop en Weerkaats BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK: Regie: Antoinette Olivier, Conroy Cupido en Santisa Viljoen – RSG Dis Opera: Gunsteling musiek uit die Opera Bongani Khubeka (bas-bariton) - Stemme vir Môre Jose Dias (klavier) en Janelle Visagie (sopraan) – Pioniers US Camerata Chamber Ensemble (Leon Bosch en Denis Goldberg) – Moments in a life
BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS: Athi-Patra Ruga (kunstenaar) – A young retrospective Henk Serfontein (kunstenaar) – Winterslaap Marieke Kruger (kunstenaar) – Carceral Spaces: Anticpating the sublime Sandra Hanekom (kurator) – Bosch in Afrika BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – BUITELUG: Innibos Jacaranda FM Konsert Rymklets van Oos tot Wes Ballades Judith Sephuma
BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – PODIUM: Stef Bos – Bos Innibos Amanda Strydom – So onner deur die maan Loki Rothman en Albert Frost – Die akoestiese kitaar Hilandi du Toit en June van Merch – Gedig, my snaar BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – TEATER: Zolani Mahola – Rok en Rol Piekniek by Mpande (née Dingaan) Die Riel van Hip-hop Legendary Divas: Vicki Samson, Amanda Strydom & Gloria Bosman BESTE AANBIEDING: Melk & Vleis BuiteLand Die reuk van appels Liewer BESTE DUO OF ENSEMBLE: Mike & Mavis Liewer Klara Maas se hart is gebreek ensomeer: Die Vloeistof-trilogie Nêrens, Noord-Kaap BESTE VERTALING OF VERWERKING VAN Ń BESTAANDE WERK: Die reuk van appels, verwerking van Mark Behr se gelyknamige roman deur Johann Smith Die koninkryk van die diere, vertaling deur Marthinus Basson Die fliek, vertaling en verwerking deur Nico Scheepers BuiteLand, oorspronklike teks deur Neil Coppen, vertaling deur Amy Jephta
kykNET Fiëstas-toekennings 8 Februarie 2018 20:00 Montecasino Teatro
Regstreekse uitsending: kykNET DStv-kanaal 144
Kaartjies beskikbaar deur Computicket Volg die Fiëstas hier kykNET #Fiestas2018
Comments