Nuusvrystelling: Balbesit
- lootsbarbara
- May 27, 2014
- 3 min read
Kunstekaap en Saartjie Botha bied met trots aan BALBESIT
‘Gebed, grond en rugby…’
Voeg hierby kwessies soos manlike identiteit, die stand van ons demokrasie, velkleur, inkomste en kultuur en die pot – en sommige gemoedere – begin te stoom.
In die bekroonde BALBESIT ondersoek Saartjie Botha die plek van Afrikaanses – en Afrikaners – in die hier en nou van Suid-Afrika. Maar omdat sy rugby as metafoor gekies het, word dit ook ’n verhaal van mans se rol in die hedendaagse.
Met rugbyterminologie en bewegings deel die akteurspan rooi kaarte uit, plettervat vooropgestelde idees en druk selfs ’n drie van plesier. Regisseur Jaco Bouwer gebruik musiek, sang en beweging om hierdie rugbyspan tot bo-aan enige punteleer te laat klim, met gedagtes wat jou lank gaan besig hou.
Dis 80 minute se aksie wat nie ophou nie, met die hele ensemble wat bekroon is met ‘n Kanna-toekenning (2013) vir hul uitmuntende spanwerk.
BALBESIT word van Donderdag 19 Junie tot Saterdag 21 Junie en weer Dinsdag 24 Junie tot Saterdag 28 Junie by die Kunstekaap-teater, Kunstekaap (Artscape) opgevoer. Al die vertonings begin om 20:15. Kaartjies kos R100-R144 en is te kry by die teater (www.artscape.co.za) of by Computicket (www.computicket.co.za).
Vir navrae of om ’n onderhoud te reël kontak Frieda le Roux by 082 742 4156 (friedaleroux@gmail.com) of Cintaine Schutte by 073 161 4141 (cintaineschutte@gmail.com).
Wat sê ander oor BALBESIT:
BALBESIT is ‘n rojale, aanskoulike produksie. Dit spreek die intellek sowel as die estetiese aan. Maar dan kom die produksie steelkant om en slaan jou waar dit tel: in die solar plexus van rou emosie. Hierdie stuk ruk die dam onder elke wit, Afrikaanse man van die Baby Boomer-generasie uit. Moet dit eenvoudig nie misloop nie. – COENIE DE VILLIERS
BALBESIT is quite simply one of the most incredible shows I have ever seen. It is how I have always imagined theatre could be in a magical fantasyland where everything is awesome. It is visceral, beautiful, courageous, terrifying, depressing, inspiring, magnificent theatre. I wish I was in it. – ROB VAN VUUREN
Een van die mees dinamiese teaterstukke wat ek in ’n lang ruk gesien het.’n Uiters belangrik werk in die Suid-Afrikaanse teaterlandskap.Stel jouself bloot en word deel van die debat wat dit op KKNK ontketen het of laat eenvoudig die brute, fisiese, emosionele en visuele krag van die spelers en teks oor jou spoel.Sulke teaterervarings is skaars en ons weet tog: rugby is nie vir sissies nie... – ANNA-MART VAN DER MERWE
BALBESIT is aangrypende, unieke en baanverskuiwendeteater. Bouwer en Botha op hulbeste. Dis soortgelykaan’nCurriebekerfinaal (op die verhoog). ’n 'Once in a lifetime'-ervaring. Wêreldklasinternasionaleteater.– NEELS VAN JAARSVELD
Ek het gedink BALBESIT was 'n epiese ondervinding oor 'n eenvoudige ding soos 'n bal. Dit tref mens op 'n diep vlak en het verrykende betekenis. Die beweging,sang,musiek en spel is van 'n baie hoë gehalte. 'n MOET sien produksie – GYS DE VILLIERS
BALBESIT is a complete sensory rollercoaster from beginning to end. It’s relentless and challenges you emotionally…I have never got so angry in a theatre and yet been at times so moved…an assault on your emotions. Love it or hate it – but DON’T miss – it’s a truly theatrical experience. – FRED ABRAHAMSE
BALBESIT is one of the best things on South African stages in recent years. It blew me away. Saartjie Botha's forthright text slaps you through the face from the start and Jaco Bouwer's masterful direction of the stellar ensemble cast makes you happily turn the other cheek for more. BALBESIT left me feeling more like myself than I had in a while. – JAMES CAIRNS
Dit is 'n ongelooflike opwindende ervaring om so baie rou energie op ’n verhoog te ervaar – dieatmosfeer van ’n werklike wedstryd is tasbaar met 26 jong mans aktief aan die worstel, met ’n stem, ’n speletjie en ’n gewetensgeskiedenis van erkenning en herkenning. Dit sleur jou mee met sweet, beweging, senings en senuwees, en bevraagteken jou eie posisie, jou houding en rol wat jy aandurf in ons beeldskone land, en al die tierlantyntjies wat deelmaak van ons identiteit. Ek sal dit weer en weer gaan kyk – alis dit net om saam met daardie jong manne en talent in ’n teater te wees! – TINARIE VAN WYK-LOOTS
Vervaardiger: Saartjie Botha
Regisseur: Jaco Bouwer
Choreograaf: Ina Wichterich
Komponis: Braamdu Toit
Musikaleregisseur: Awie van Wyk
Beligting: Wolfie Britz
Musikante: Jeanette Claassens &Dorette Roos
Met: Albert Pretorius, Wessel Pretorius, DJ Mouton, Piet Beyers, De Klerk Oelofse, Neels Coetzee, Brendon Daniels, Mark Hoeben, CarelNel, Geon Nel, Ludwig Binge, ChristiaanOlwagen, MarloMinnaar, James Macgregor, Michael Wallace, LizoTshaka, ThembaMbuli, BongileMantsai, Douglas Griffiths, Kyle Seconna, Graham Bourne, ThembekileKomani, SiphesileMdena en Andile Vellum
Comments