Nuusvrystelling: Vettie Vettie
- lootsbarbara
- May 24, 2014
- 2 min read
Vettie Vettie is ‘n ongewone liefdesverhaal waar die grootte van 'n vrou, nie die grootte van 'n man se hart kan keer nie. Warm, skreeusnaaks en verrassend.
Vicky (gespeel deur Hanna Grobler) is 'n suksesvolle eienares van 'n boekwinkel in Hatfield, Pretoria, enkellopend en ooglopend vet. Wanneer sy haar droomman, Tom Delport (André Lötter), ontmoet, besluit sy sy gaan nou eens en vir altyd van haar vetrolletjies ontslae raak en haar prins vang.
Dis egter nie so maklik om gewig te verloor nie, veral nie as een van jou huismaats ‘n gourmet kok is en jou ander huismaat jou gereeld herinner aan al jou gefaalde dieëte nie.
Henri (Tobie Cronjé) ken Vicky al lank genoeg om te weet dat haar maerword voornemens nooit lank hou nie, en hy put “groot” genot daaruit om haar siel uit te trek. Hy is beslis nie baie taktvol nie en glo ook nie aan eufemismes nie, hy sê wat hy dink.
James (Luan Jacobs) is 'n gourmet-kok wat nooit net doodgewone rys, vleis en aartappels kan kook nie. Hy werk deur die dag vir Vicky in die boekwinkel en het ‘n sagte plekkie vir haar.
Gaan die arme Vicky daarin slaag om die man van haar drome se hart te wen?
Die regie word behartig deur die nimlike akteur en regisseur André Odendaal.
Vettie Vettie is deur Johan Bernard vertaal en deur Pierre van Pletzen verwerk van Charles Laurence se trefferkomedie My Fat Friend.
Die eerste speelvak is by die Pieter Toerien se Montecasino teater vanaf 7 Mei 2014 tot 1 Junie 2014 en by Theatre on the Bay vanaf 4 Junie tot 21 Junie. Besprekings by Computicket.
Vervaardiger: Kosie Smit
Meer inligting oor die stuk se toerprogram is op www.kosie.biz / www.theatreonthebay.co.za / www.montecasinotheatre.co.za
Nuusvrystelling verskaf deur Kosie Smit.
Comentários