top of page

Press Release: meerfout (a Polony production)

  • Writer: lootsbarbara
    lootsbarbara
  • Feb 13, 2014
  • 2 min read

Die moderne samelewing stel 'n reeks vrae aan 'n jong vrou en verwag van haar om meer as een spesifieke mens te wees. 'n Huisvrou? 'n Moeder? 'n Bruid? En die belangrikste vraag: Waar vind sy haarself te midde van al die ander dinge?

Dié verskillende fasette en persoonlikheidseienskappe in en van die vrou stem nie altyd saam met mekaar nie. Wat gebeur as hierdie fasette in konflik staan met mekaar? Moet die vrou 'n keuse maak? 'n Kompromie aangaan en deel van haarself aanpas of stil maak; en is dit werklik moontlik? Meerfout handel oor die konflik tussen verwagting en verpligting. Die konflik tussen wie ons is en wie ons werklik wil wees.

Aangebied deur: Polony

Regie: Gideon Lombard

Teks: Gideon Lombard en geselskap

Met: Cintaine Schutte en Mariechen Vosloo

Met die stem van: Antoinette Kellerman

Universiteit Stellenbosch Woordfees / 8 Maart 22h30/ 10 Maart 14h30/

11 Maart 20h30/ Klein Libertas Teater/ R100, R70 vir student en pensioenarisse/ Geen o/16 TNG

Regisseursnota

Oor die afgelope paar jaar is daar ‘n nuwe en opwindende gees onder die jong teatermakers en akteurs in die land. Die werk wat onstaan uit van die geselskappe bied 'n groot verskeidenheid aan, maar of dit politieke satire of persoonlike verhoudings is, deel al die werk 'n zeitgeist van 'n generasie wat op soek is na ‘n plek in die "nuwe Suid Afrika", in die 21ste eeu. Ons gaan nie meer weermag toe nie, baie van ons voel nie meer so sterk verpligting tot die kerk of godsdiens nie, ons "hoef" nie meer te trou in ons 20's nie, ens. Die lewens wat ons lei en die wereld waarin ons leef is baie anders as die van ons ouers, maar wat het ons te se vir onsself? Dit is dus belangrik vir ons generasie om aan te hou nuwe werk skep, nie net om ons artistieke ingangspunt tot die lewe te ondersoek nie, maar ook om 'n kollektiewe identiteit te vorm en dit in 'n toeganklike manier, deur middel van die kunste, bloot te stel aan die res van die samelewing.

Meerfout vra beide praktiese en filosofiese vrae aan die jong vrou in 'n moderne konteks. Dit is vir my, as regisseur, belangrik om die vrae oop te los aan die gehoor. Ons, as kreatiewe span, probeer dus nie om 'n vaste opinie op die gehoor af te dwing nie, maar eerder 'n reeks vrae wat ons meer bewus maak van die kompleksiteit en veeleisende aspekte wat die wereld aan 'n jong vrou stel.

Persverklaring verskaf deur Cintaine Schutte en Mariechen Vosloo.

Comments


© Loots Digital (Pty) Ltd 2019

bottom of page