top of page

Press Release: kykNET Fiëstas 2014

  • Writer: lootsbarbara
    lootsbarbara
  • Feb 13, 2014
  • 4 min read

Oscars, staan opsy, want dis tyd vir die kykNET Fiëstas 2014. Vandeesjaar is dit boonop die eerste keer wat jy dié skouspelagtige geleentheid regstreeks op die kassie kan beleef. Op 13 Februarie om 20:00, bring kykNET die rooi tapyt tot binne-in jou sitkamer. Dit beloof om ʼn onvergeetlike viering van ons land se beste kunste-naars, hul werk, loopbane en die bydrae wat hulle maak tot die Suid -Afrikaanse kunste en vermaaklikheids-landskap te wees. So skakel in en sien eerstehands hoe al ons uitblinkers glinster.

Fiëstas-tyd!

Dis weer tyd vir die bekroonde kykNET Fiëstas 2014 en volgende jaar beloof dit om meer skouspelagtig as ooit tevore te wees. Die kykNET Fiëstas 2014, wat reeds beskou word as die Oscars van die Afrikaanse teater-bedryf, sal by die ikoniese Staatsteater in Pretoria op 13 Februarie 2014 oorhandig word by ‘n geleentheid wat beloof om die glam terug in glamour te sit. Die tema van volgende jaar se toekennings is Voël Vry tot Vry, met ‘n pragtige perspektief op waar Suid-Afrika en Feeste vandaan kom en waarheen dit oppad is.

Vir die eerste keer word die geleentheid volgende jaar lewendig uitgesaai, wat die kykers by die huis die geleentheid gaan gee om in die opwinding te deel soos dit gebeur.

Die kykNET Fiëstas 2014 is ‘n trotse toonvenster van die stand en talent van die Afrikaanse uitvoerende kunste, en is ‘n klop op die skouer vir elke kunstefees en elke kunstenaar wat Suid-Afrikaners vermaak en met hulle talent raak. Die vyftien kategorië sluit onder meer in: beste akteur; beste aktrise; beste manlike byspeler; beste vroulike byspeler; beste regie; beste teaterontwerp; beste prestasie in ‘n musiekgedrewe produksie; beste spel in ‘n solo-vertoning; beste prestasie in visuele kunste, ens. Die benoemings word voorgelê aan ‘n onafhanklike beoordelaarspaneel wat al die feeste en produksies bygewoon het, en wat vier finaliste en die uiteindelike wenner(s) in elke kategorie deur stemming bepaal. Die benoemings word 11 Desember aan die publiek bekend gemaak, waarna hulle van 12 Desember tot 12 Januarie die geleentheid gegun word om hulle gunsteling kunstefees te nomineer.

kykNET vereer ook volgende jaar weer eens drie kunstenaars vir hulle uitsonderlike lewenslange bydrae tot die kunste van Suid-Afrika. Laasjaar se toekennings vir hul lewenslange bydrae tot die bevordering van Afrikaanse teater en -kunste het gegaan aan Athol Fugard vir teater, May Abrahams vir musiek en PG du Plessis vir sy ikoniese werk op die gebied van letterkunde.

Teater legende en regisseur van die Fiëstas bekroningsaand, Ian von Memerty, gaan volgende jaar weer met ons sintuie toor met ‘n produksie van eersteklas gehalte. “Soos feeste reg oor die land sal die seremonie gevul wees met net die beste van wat die teater en musiek wêreld bied. Die bonuspunt van dié seremonie egter, is die asemrowende tegniese ontwerp wat al die geriewe van die Staatsteater benut om ‘n asemrowende televisie ervaring te skep,” sê von Memerty.

Die nominasies is:

Beste Akteur:

Chris van Niekerk vir Strip

Dawid Minnaar vir macbeth.slapeloos

Elton Landrew vir Bidsprinkaan

Stian Bam vir Trippie

Beste Aktrise:

Anna-Mart van der Merwe vir macbeth.slapeloos

Nicole Holm vir Oorsee

Nicola Hanekom vir Trippie

Sandra Prinsloo vir Die Leo’s

Beste Manlike Byspeler:

Charlton George vir macbeth.slapeloos

Gys de Villiers vir Bidsprinkaan

Marius Weyers vir Tango

Tobie Cronjé vir Die Leo’s

Beste Vroulike Byspeler:

Hannah Barnard vir Land van Skedels

Lee-Ann van Rooi vir Bidsprinkaan

Mary Dreyer vir Wie Drink Wat?

Lerato Motshwarakgole vir Land van Skedels

Beste Regisseur:

Jaco Bouwer vir Trippie

Janice Honeyman vir Bidsprinkaan

Marthinus Basson vir macbeth.slapeloos

Nicola Hanekom vir Land van Skedels

Teaterontwerp:

Jayne Batzofin & Christina Salvoldi vir Pruttel

Marthinus Basson vir macbeth.slapeloos

Nicola Hanekom vir Land van Skedels

Wolf Britz vir Oorsee

Beste Prestasie in ʼn Musiekgedrewe Produksie:

Amanda Strydom vir Ek Loop Die Pad

Dorothy Masuka vir Dorothy – 60 Jaar

Magdalene Minnaar vir Magdalene! Musiek vir die Silwerdoek

Schalk Joubert vir Die Wêreld Is My Woning

Beste Spel in ʼn Solo-vertoning:

Antoinette Kellerman vir My mense

Chris Vorster vir Affairs vir Domkoppe

Gys de Villiers vir Wit manne se wapens

Tobie Cronjé vir Ballade van ʼn Banggat

Beste Nuutgeskepte Afrikaanse Opvoering:

Nicola Hanekom vir Land van Skedels

Nicola Hanekom vir Trippie

Saartjie Botha vir Bidsprinkaan

Tertius Kapp vir Oorsee

Beste Opkomende Kunstenaar:

Jayne Batzofin vir Pruttel

Ludwig Binge vir Wie Drink Wat & macbeth.slapeloos

Nieke Lombard vir Pruttel

Die Ensemble van Te veel vir ʼn coloured girl

Beste Prestasie in Klassieke Musiek:

Die Kaapse Jeugkoor vir Om die wêreld in 80 minute

Luis Magalhäes & Nina Schumann vir 2 Pianists

Minette du Toit-Pearce, die US Perkussieduo en Philippus Hugo vir Openingskonsert wat ʼn ATKV Pryswennerskonsert is

Petronel Malan vir Petronel Malan – Klavieruitvoering

Beste Prestasie in Dansteater en Fisieke Teater:

Braam du Toit vir sy komposisie in Run

Nicola Elliot vir Run

Steven van Wyk & Thalia Laric vir hulle choreografie in “Skoonveld” in PLASTIC

Beste Prestasie in Visuele Kuns:

Diane Victor vir No country for old women

Jan van der Merwe vir Tyd en Ruimte

Olaf Bisschoff vir Streeksbiblioteek

Beste Musiekgedrewe Produksie:

Bravissimo! The South African Sopranos

Dorothy – 60 Jaar

Opera Nostalgie: Eoan 80/Verdi 200

Schalk Joubert – Die wêreld is my woning

Beste Aanbieding:

Bidsprinkaan

Land van Skedels

macbeth.slapeloos

Trippie

Die borge vir die kykNET Fiëstas 2014 is: PLATINUM: kykNET; GOUD: Die Dagbreek Trust en Toyota.

Vir verdere kykNET Fiëstas inligting of media navrae, kontak Maryke.allers@mnet.co.za.

Comments


© Loots Digital (Pty) Ltd 2019

bottom of page